8 dae gelede
Inwoners is omgekrap oor diefstal uit ateljee
 ~ 

LADISMITH. – Inwoners hier is vies oor die inbraak by Eden FM se plaaslike ateljee in die dorp.

Inwoners meen die ateljee staan op heilige grond.

Veral geestelike leiers vaar uit omdat hulle gereeld kerkdienste daarvandaan uitsaai.

Duisende rande se skade is aangerig.

Shandon Radloff, ’n omroeper, sê: “Die rekenaarskerm, toringmikrofone, CD-speler en mixer is gesteel. Die gemeenskap word direk hierdeur geraak omdat ons nie meer kerk hiervandaan sal kan uitsaai nie.

“Die einste toerusting is of word in die gemeenskap weggesteek.”

Past. Sakkie Goliath dreig: “Die Heilige Gees gaan daai skurk aankla. Die toerusting is gebruik om die Woord van die Here aan duisende mense te verkondig.” ’n Vlaag van inbrake ry tans inwoners bloots.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters