9 maande gelede
Duitse toeriste by Wildernis aangeval
 ~ 

’N DUITSE toeris van Heidelberg in die suidweste van Duitsland moes mediese hulp kry nadat hy en sy vrou Sondag in Wildernis in die Suid-Kaap aangeval en beroof is.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) sê in ’n verklaring die 54-jarige man moes vir veelvuldige beserings behandel word.

Lede van hul mediese span, verskeie ander paramedici van privaat maatskappye en die polisie was op die toneel.

Die beseerde toeris is daar behandel voordat hy na die hospitaal vervoer is.

Hy is in ’n stabiele toestand.

Die polisie en die NSRI het sy vrou, wat nie beseer is nie, byge­staan.

Luidens die verklaring het die egpaar vroeër ’n troue in Hermanus bygewoon. Daarna het hulle kuslangs gereis om vakansie te hou in Wildernis.

Hier is hulle aangeval en beroof.

Na berig word, het die polisie ’n paar mense aangekeer. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters