6 maande gelede
Duikers soek nog na man
Foto: nsri.org.za  ~ 

POLISIEDUIKERS het teen gistermiddag laat nog na ’n jong man gesoek wat in die see by Eastern Beach in Oos-Londen vermis geraak het.

Geoff McGregor, die stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê ’n cop, konst. Luthando Mdingi, wat nie aan diens was nie en op die beach was vir die dag, het gesien hoe die man in die see meegesleur word.

Mdingi het toe in die man se rigting geswem om hom te red.

Hy het egter die man uit die oog verloor omdat dit begin donker word het.

Geïdentifiseer

Die polisie het ’n geregtelike doodsondersoek begin.

Die vermiste man is geïdentifiseer as ’n 22-jarige man van Alice.

Intussen is ’n waarskuwing uitgereik aan strandgangers van ’n new moon springgety oor die land heen.

Die springgety sal teen vandag in sy volle intensiteit wees en teen Maandag sal dit geleidelik afneem.

’n Springgety vind twee keer elke maand tydens volmaan en nuwe maan plaas wat hoër as normale getye en laer as normale getye teweeg bring.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters