5 maande gelede
Drug merts se feestyd erg bederf
 ~ 

LADISMITH. – Nie eens die bekende uithangplek hier, Four Corners, het die cops die feestyd ontduik nie.

Die polisie het behoorlik skoongevee onder vermeende merts hier en in plekke soos Zoar, Vanwyksdorp en Calitzdorp.

AO Jannie Cedras, ’n polisie­woordvoerder sê: “Dit was ons prioriteit om ons gemeenskappe ’n dwelmvrye feestyd te bied, en daarin het ons geslaag.”

In Sakkiesbaai is ’n operasie van 06:00 tot 14:00 uitgevoer. Die plek is skoongemaak van tik, Mandrax en dagga.

Spoeg

Tientalle verdagtes is ge­arresteer. Van die merts het gekla dat die cops hulle choke.

’n Ingeligte sê: “Die boejongs hou die drugs in hul bekke en maak asof hulle stom is – dís hoekom die SAPS hulle dan wurg. Dan spoeg hulle dat die drugs waai!”

Wenke van die publiek het die tik-merts uitgelewer. Die grootste slag is op Oujaarsaand geslaan.

’n Vrou is geskud net toe sy uit ’n taxi geklim het. Sy het ganja van ongeveer 7 kg gelewer.

Dit was bestem vir die plaaslike Rasta-gemeenskap.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters