9 maande gelede
Drie beseer toe motor rol
 ~ Oudtshoorn Courant

Die drie jongmense wat gisteraand in 'n botsing buite Oudtshoorn betrokke was is steeds in die hospitaal, maar nie in 'n ernstige toestand nie. 
Oudtshoorn Courant berig dat volgens die ma van Winston en Mikhaila Coericius, het Winston gisteraand 'n operasie vir hoofbeserings ondergaan, maar is hy stabiel in die intensiewesorgeenheid. 
“Mikhaila het snywonde en kneusplekke opgedoen, maar daar word vandag ‘n scan op haar gedoen aangesien sy van pyn kla.” 
Hul vriendin, Louise, is na Kaapstad geneem waar sy 'n operasie sal ondergaan om 'n enkel fraktuur te herstel.
Die drie is beseer toe hulle Toyota Camry sowat 20 km buite Oudtshoorn gerol het. Winston en Mikhaila is studente wat tans by Cango Wildlife Ranch vakansiewerk doen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters