3 maande gelede
‘Dis hoër as teiken wat ons self stel’
happy: Matrieks van Bridgton Senior Sekondêr vier hul uitslae. Die skool het ’n 94%-slaagsyfer. Foto: GARNETT WICOMB  ~ 

OUDTSHOORN. – Bridgton Senior Sekondêr spog met 204 matrieks wat geslaag het.

Dit beteken dat die skool spog met ’n 94%- slaagsyfer.

Daarvan het 63 matrieks hier universiteitstoelating gekry.

Nelgim Jacobs spog met ’n gemiddelde van 80,1% en is die skool se enigste wat met ’n A-gemiddelde geslaag het.

Die hoof, Kelly Ellis, sê: “Ons is baie tevrede met die uitslae omdat dit hoër is as die teiken wat ons vir onsself gestel het.”

Hoewel die slaagsyfer van die Hoërskool Fezekile 84,4% is teenoor die 91,2% van 2015, is die waarnemende skoolhoof, Thembeka Mnguni Mabongo, heel tevrede.

“Dit is ’n uitslag van goeie kwaliteit,” sê Mabongo.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters