2 maande gelede
Deidri-moord: Saak uitgestel
 ~ 

OUDTSHOORN. – Die hofsaak teen ’n man wat van die moord op Deidri Opperman (16) aangekla word, is tot 19 September uitgestel.

Clifton Booysen (28) is op 5 September gearresteer nadat die meisie se verminkte, verbrande lyk langs die N12 oos van Blomnek gevind is.

Sy’s op 2 September laas lewend gesien. Sy sou na vriende se bring-en-braai gaan. Haar familie het haar die Sondag as vermis aangemeld. Haar lyk is op 4 September agter digte bosse gevind.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê sy’t talle kopbeserings gehad. ’n Bloedbevlekte klip is by haar gekry.

Sy was vroeër ’n gr. 8-leerder by die Hoërskool De Rust.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters