8 dae gelede
Xhosa-man rap dat die tone krul
mooi so: Anam Mtwebana se eerste 12 track mixed tape sal in Junie uit wees. FOTO’S verskaf  ~ 
mooi so: Anam Mtwebana se eerste 12 track mixed tape sal in Junie uit wees. FOTO’S verskaf
inspirasie: Anam Mtwebana rap in Afrikaans.
Anam Mtwebana

’N JONG Xhosa-man van Adelaide in die Oos-Kaap het ’n passie gevind in Afrikaanse musiek en gaan binnekort sy tweede mixed tape, wat Afrikaans insluit, bekend stel.

Anam Mtwebana (22), ook bekend as Namza, vertel hoe passievol hy is oor Afrikaanse mu- siek.

Dié talentvolle jong man rap ook in ander tale soos Engels, Xhosa en Zulu.

“Die meeste van die tyd is dit in Afrikaans, want dit is my passie.”

Mtwebana het op laerskool al verlief geraak op Afrikaans.

“Ek was opgewonde daaroor en dit was iets nuuts vir my.”

Hy voeg by Afrikaans was sy voertaal op skool.

Die jong rapper het al sewe jaar ervaring in die musiekbedryf.

In Augustus laas jaar het hy sy eerste musiekprojek voltooi.

“Ek het my eerste sewe track mixed tape uitgestuur.

“My volgende doel nou is om aan my 12 track mixed tape te werk en dit sal in Junie uit wees.”

Mtwebana beskryf sy musiek as uniek en vertel dat dit ook goeie boodskappe oordra.

“Dit is iets nuuts, niemand verwag dat ek in Afrikaans moet rap nie, maar wanneer hulle dit hoor, raak hulle mal daaroor.”

Mtwebana het ook twee groot shows gedoen in Desember waar hy in Afrikaans ge-rap het.

“Ek het by ’n jeugtalent-show opgetree en ook by ’n verjaardag-show. Die mense was baie mal oor my musiek.”

Intussen is Mtwebana ’n groot inspirasie vir sy jeuglede.

Hy motiveer ander jong mense en gee hulle hierdie raad: “Jy moet positief bly met alles wat jy in die lewe doen.

“Wees jouself, glo altyd in jouself en volg jou drome.”

Hy meen die jong mense is Suid-Afrika se toe- koms.

“Daarom moet die jeug ’n sterk fondasie bou wanneer dit by toekomsplanne kom.”

“As jong mense hul oë uitvee, is hulle die leiers van ’n nuwe land,” meen Mtwebana.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters