Verlede maand
Jeugdige ster verrys
g’n kamerasku: Tamika Karelse (15) van Cresthaven in die Baai se noordelike gebiede act al sedert sy tien jaar oud is.Foto: maryke low  ~ 
selfvertroue: Tamika Karelse hou haar medalje vas as bewys dat sy gekies is as ’n talentvolle kunstenaar wat oorsee gaan in 2018.
g’n kamerasku: Tamika Karelse (15) van Cresthaven in die Baai se noordelike gebiede act al sedert sy tien jaar oud is.Foto: maryke low
toegewyd: Tamika Karelse blink ook akademies uit by die Hoërskool Alexander Road in Newton Park.
trots: Elestine Karelse (links) en haar dogter, Tamika, woon die International ARTS Talent Showcase by in Johannesburg. Foto verskaf
gekies: Tamika Karelse is teruggebel en gaan volgende jaar Florida toe om haar talente te wys.
familiêr: Tamika Karelse pose met Kim Myers van die International Arts Talent Showcase en die Arts Convention.Foto verskaf

TAMIKA Karelse (15) het die oproep net ná middernag gekry.

En die goeie nuus was dat sy gekies is om die Baai se Northerns en Suid-Afrika volgende jaar in die International Applause Rising Talent Showcase in Orlando in die Amerikaanse staat ­Florida te verteenwoordig.

Tamika, van Cresthaven, kan nie genoeg kry van drama, dans en opvoerings nie. Sy het saans tot laat geskaaf aan haar talente.

Tamika sê: “Ek is so opgewonde daaroor om Amerika toe te gaan.

“Ál die groot directors en casters – verteenwoordigers van Nickelodeon, ­Disney Channel en Cartoon Network – gaan daar wees en hulle gaan met elke deelnemer praat.”

Elsubie Verlinden, direkteur van Just You ­Model & Artist Management in Johannesburg, het Tamika se talent en geesdrif dadelik raakgesien.

Verlinden help jong kunstenaars in Suid-Afrika om internasionale erkenning te kry.

Sy het Tamika die geleentheid gebied om haar slag in ou­disies in die Oos-Kaap en Gauteng te wys.

Tamika het die legendariese talent-scout en direkteur van die International Arts Talent Showcase en Arts Convention, Kim Myers, ook al ontmoet. Myers sonder talent uit vir die Amerikaanse vermaaklikheidsmark.

Tamika, ’n gr. 9-leerder aan die Hoërskool Alexander Road in Newton Park, act al sedert sy tien was.

Sy sê: “My acting het nie net uit die lug geval nie.

“Ek moes baie uitdagings trotseer en struikelblokke oorkom.

“Ál wat ’n mens kan doen, is om daaruit te leer en die volgende keer harder te probeer.”

Haar uiters trotse ma, Elestine, vertel: “Van kleins af het ek my kinders gesê om nooit op te hou droom nie.

Opofferings

“Sy sal ná skool deur die middag werk tot 22:00 en wanneer sy dan by die huis kom, doen sy haar tuiswerk tot 02:00.

“Tamika het baie opofferings gemaak en gaan nie soos ander kinders net mall toe op ’n Saterdag nie.

“Wat my nog trotser maak, is dat sy ’n verskil wil maak in ander jong mense se ­lewe.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters