Verlede maand
Snorkende lyk het tonge los
Romano William Cherry (31) FOTO VERSKAF  ~ 
Romano William Cherry (31) FOTO VERSKAF
hy ís dood: Kashifa Davids, Romano se suster, sê haar broer lewe nie soos wat sekere skinderstories lui nie.
geen re­spek: Michelle Billet van Salt Lake sê sy is moeg vir die rumours oor haar neef en sê hy moet in vrede gelos word.
ons mis jou: Lizette Cherry (22), Romano se suster, hou ’n foto van hom vas. Foto’s: theo jeptha

HAAR kind is dood en begrawe. Al het hy in die lykshuis gesnork.

Nou ontstel die gerugte dat die oorledene glo uit die dode opgestaan het sy familie verskriklik.

Romano “Mano” Cherry (31) is egter die afgelope Saterdag reeds begrawe.

Die Cherry-gesin van Salt Lake in die Baaise Nor­therns is omgekrap omdat skinderbekke sê Mano, ’n bekende kleremaker in die noordelike gebiede, is eintlik lewend en is tans in ’n koma in die ICU.

“Romano is op 27 Desember aan ’n asma-aanval dood nadat sy hart begin swak word het,” sê Muriel, Romano se ma.

“Ek gee nie om wat die mense sê nie, hulle kan stories opmaak van hier tot in Pretoria.

“Ek weet my kind is vir my geleen en die Here het hom kom haal.”

Romano se dood, kort ná Kersfees, het familie in rou gedompel en stories wat lui hy het in die kis gesnork, het net ’n greintjie waarheid daaraan.

Muriel en haar kinders sê hulle is bewus van die rumour dat Romano in ’n koma in ICU lê en sê dit is glad nie die waarheid nie.

“My een dogter, wat in Oos-Londen bly, Velencia Lackay, het Vrydag saam met ander familie gaan soek vir ’n groter kis omdat die eerste een te klein was vir Romano.

“In die morgue het Velencia vir haar broer ‘gekuier’ en met hom gepraat, al was hy dood. Sy het aan haar broer se voete gevat toe daar skielik ’n snorkgeluid uit die lyk gekom het. Sy het groot geskrik en my daarvan vertel,” sê Muriel.

“Eintlik was dit toe net die laaste lug wat vanself uit die lyk se longe geblaas het ’n dag voor die begrafnis.

“Dit is hier waar die storie vermoedelik verkeerd begin draai het: mense in die area wat nie reg luister nie,” volgens die ma.

Romano se niggie Michelle Billet sê sy het twee keer Saterdag na Romano se lyk gaan kyk in die kis en hy is definitief dood.

“Mense op Facebook versprei stories dat Romano homself gehang het of dat hy in ’n accident was, maar dis ook nie waar nie.

“Die mense moet hom nou net in vrede los sodat hy kan rus.”

Volgens Muriel het Romano altyd baie vriende gehad en sy sal altyd haar seun se sagte hart onthou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters