5 maande gelede
Reuse-rotte in die Baai ’n ‘vuil’ kwessie
groot: Arnold Slabbert se Jack Russel het ’n reuse Bruinrot gevang. Foto verskaf  ~ 
groot: Arnold Slabbert se Jack Russel het ’n reuse Bruinrot gevang. Foto verskaf
BruinRoT: Die groot rotte kan tot 1kg weeg en byt babas omdat hulle van proteïene leef.Foto: urbanraptorproject.co.za

ROTTE byna so groot soos ’n Jack Russell floreer in vullis en taxistaanplekke in Nelson Mandelabaai.

Dié uitheemse rotte, genaamd die Noorse rot of bruinrot, lewe van proteïene en volgens ’n kenner byt dié diere veral klein babas omdat hulle weerloos is.

Volgens Arnold Slabbert, probleemdier-kontrole-spesialis by die Urban Raptor Project in die Baai, het die hele Port Elizabeth eintlik ’n rotprobleem.

“Die skuldiges wat eintlik die rotte lok, is die mense wat voëls voer, want rotte soek ook kos,” verduidelik Slabbert.

Bruinrotte lewe van proteïene.

“Hulle is mean rotte en floreer in taxi-staanplekke omdat daar goed soos leftover-hoender­bene rondlê.

“Dis dié rotte wat mense tydens die Wêreldoorloë in konsentrasiekampe geëet het.”

Terugbaklei

Slabbert sê hy het al gehoor dat Bruinrotte meer as 1 kg kan weeg en hy het al ’n rot teëgekom wat 65 cm lank is (van kop tot stert).

“Die rotte is nie bang vir honde nie en hulle sal nie weghardloop nie, maar terugbaklei,” vertel hy.

Meeste mense gebruik gif om van rotte ontslae te raak, maar dit beteken dat roofdiere soos uile ook vergiftig word en doodgaan.

Slabbert se raad is: “Maak eers romdom jouself skoon voordat jy na ander plekke kyk.”

  • In Desember is ’n babatjie deur rotte in ’n shack in Katlehong doodgebyt. Die ma (26) van die baba, wat toe net vier maande oud was, het na bewering op ’n Vrydagaand haar kind in haar shack toegesluit en gaan drink. Toe sy die volgende oggend terugkeer, het sy haar kindjie se lykie met byte aan sy tong, oë en vingers gevind. Daar was ook bytmerke oral oor die klein lyfie. Sy is vir kinderverwaarlosing aangekla.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters