2 maande gelede
Polisie vind vermiste ma, dogter
karla hazelfoto verskaf  ~ 

’N DRUG addict-ma en haar dogtertjie van Sherwood in Port Elizabeth wat verlede week vermis geraak het, is eergisteraand opgespoor.

Karla Hazel (31) het haar ouers se huis Donderdag saam met haar agtjarige dogtertjie, Kayla, verlaat.

Hazel het haar suster daardie aand 20:15 besoek.

Sy het toe haar suster se huis verlaat en saam met haar dogter oor die straat geloop na Jade’s Sports Bar toe.

Ene Mike het hulle 22:15 by die kroeg kom oplaai.

Gebel

Hazel het blykbaar Maandagaand na haar ouers se huis gegaan om klere te kry en is daar deur hulle voorgekeer.

Die polisie is gebel en sy het hulle toe na ’n huis in Salt Lake geneem, waar Kayla gevind is.

Die ma en dogter het sedert Donderdag by die huis in Salt Lake gebly.

Volgens haar ouers is Hazel ’n dwelmverslaafde wat nie altyd by die huis bly nie.

Kayla woon by haar groot­ouers en is Maandag aan hulle terugbesorg.

’n Besluit oor die meisietjie se toekoms sal nou deur die owerhede geneem word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters