2 maande gelede
Polisie vang 2 ‘luisgatte’
 ~ 

DIE strategiese ontplooiing van polisiebeamptes in die Baai se misdaad-hot spots begin vrugte afwerp.

So het kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, gister gesê, berig RNews.

Naidu het gesê: “Woensdag omstreeks 22:30 was lede van die Bethelsdorp-polisiestasie in Calmstraat besig met ’n patrollie toe hul ’n verdagte man gesien het.

“Die man het op sy senuwees gelyk en het ’n voorwerp, wat soos ’n vuurwapen gelyk het, weggegooi.

“By nader ondersoek het die polisie vasgestel dat dit inderdaad ’n vuurwapen was en die man is toe in hegtenis geneem,” verduidelik sy.

Volgens Naidu is die man glo ’n lid van die Kakmaker-bende.

Hy sal binnekort in die hof verskyn.

  • ’n Man (22) wat in die visier van die bende-ondersoekeenheid was, is ook Woensdag omstreeks 20:30 aangekeer.

Die verdagte is gesoek vir poging tot moord.

Die voorval het vroeër dieselfde dag in Burkestraat plaasgevind.

Hy is deur die Baaise taktiese-reaksie-eenheid en die sigbare bende-ingrypingseenheid in hegtenis geneem.

“Die klaer sê die verdagte het glo ’n skoot op hom gevuur, maar geen beserings is opgedoen nie,” aldus Naidu.

Die verdagte verskyn vandag in die plaaslike landdroshof.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters