8 dae gelede
Penis waai byna
redder: Dié selfoon wat ten tydevan die skietvoorval in die broeksak van Sammy Charles was, vat ook ’n bulllet.  ~ 
redder: Dié selfoon wat ten tydevan die skietvoorval in die broeksak van Sammy Charles was, vat ook ’n bulllet.
bevin jordaanfoto verskaf
hartseer: Beverley Jordaan bars in trane uit terwyl haar jongste kind, Whitney, toekyk.
margaret charles
verloor byna penis: Sammy Charles met die jacket wat hy gedurende die skietvoorval aangehad het.Foto’s: deon ferreira

’N SESJARIGE seun is vol bullets gepomp en ’n 40-jarige man se penis byna morsaf geskiet toe hy die seun uit ’n bendekoeëlreën wou red.

Klein Bevin Jordaan van Fitchardstraat in Helenvale is in ’n stabiele toestand in ’n plaaslike hospitaal.

Sy hartseer ma, Beverley (38), het gister gesê sy was Sondagmiddag in haar huis besig toe sy skote hoor klap het.

Bevin het in daardie stadium met maats voor sy ouma se huis, sowat 200 m van sy ouerhuis, gespeel.

Volgens Beverley het ’n bullet die regterkant van Bevin se borskas deurboor en in sy linkerarm vasgesteek. Sy het gesê hy is ook twee keer in die regterarm geskiet.

Volgens haar het Bevin se nefies hom midde-in die koeëlreën by sy ouma se huis ingedra.

“Ek het oor die pad na Bevin gehardloop. Ek het aanvanklik gedink hy is dood en het heeltyd water oor sy gesig gegooi.

“Hy was by sy bewussyn, maar was vol bloed. Hy het die hele tyd gehuil.”

Volgens Beverley het sy Bevin opgetel en histeries gesmeek dat iemand hom hospitaal toe neem.

Die eienaar van ’n huiswinkel in Ibexstraat het Bevin hospitaal toe vervoer.

Beverley het gesê toe hulle by die hospitaal kom, het Bevin uitge-pass, maar die dokters was slaggereed.

Volgens Beverley wou die dokters ’n noodoperasie doen, maar die bullet het Bevin se linkerarm “ge-crush”.

Sy het vertel dokters meen hulle sal oor sowat twee weke op Bevin kan opereer.

“Ek het heelnag by hom gewaak in die hospitaal. Sy pa is nou by hom.”

Skielik bars Beverley in trane uit. “Ek is hartseer oor my kind, want hy is so klein.”

Beverley het vertel elke dag word in hul buurt geskiet en hulle vrees vir hul kinders se lewe.

Sammy Charles (40), Bevin se neighbour, het gesê toe die skote begin klap, het hy onmiddellik na Bevin geroep en oor die pad na hom gehardloop om hom te beskerm.

Sammy se ma, Margaret (70), het gesê sy het rommel buite opgetel toe die skote begin klap het.

Volgens haar het sy onmiddellik die huis in gehardloop.

“Later toe kom hier iemand en sê vir my ek moenie skrik nie, maar Sammy is raak geskiet.

“Toe ek by Sammy kom waar hy gelê het, het hy net gesê: ‘Mamma, hou my hand.’ Sy broer het sy ander hand vasgehou.”

Volgens Margaret het sy haar seun aanhoudend gesmeek om nie uit te pass nie. Sy het gesê hy is minute later Livingstone-hospitaal toe geneem.

Sammy is gisteroggend reeds ontslaan.

Hy het vertel een bullet het sy selfoon, wat gedurende die skietery in sy broeksak was, getref en teen sy penis geskuur.

Volgens Sammy is dit nog moeilik vir hom om te sit.

Margaret het gesê sowat 20 jaar gelede is haar dogter in die arm geskiet toe sy in gr. 11 was.

Dwaalkoeëls

“Die skieters moet regtigwaar stilsit en dink aan hoe hulle ander mense seermaak.”

Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, het gesê die wonde is opgedoen toe ’n verdagte geskiet het op ’n gangster wat gevlug het.

Volgens Naidu het dwaalkoeëls albei slagoffers getref. Sy het verduidelik die polisie ondersoek twee sake van poging tot moord.

Enigeen wat meer lig op die skietvoorval kan werp, kan speurder-konst. Sergio Mack van die Gelvandale-polisiestasie bel by 082 442 1816.

Alle inligting sal vertroulik gehanteer word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters