10 dae gelede
Ou is skuldig aan seksklag
chandré witbooi  ~ 

’N JONG man wat tereggestaan het op die verkragting van sy ma se niggie – sy “nanna” – is gister skuldig bevind aan seksuele aanranding.

Chandré Witbooi (23) van Missionvale het aanvanklik tereggestaan op klagte van verkragting en moord.

Hy is egter verlede week op die moordklag vrygespreek.

Die voorval het plaasgevind op 12 Julie 2015 toe Witbooi die oorledene, Martha George (59), slaapplek gevra het omdat sy pa nie sy ouerhuis se deur vir hom wou oopmaak nie.

Aanvanklik is beweer Witbooi het George met ’n kussing versmoor.

Volgens regter Irma Schoeman kan daar geen waarde geheg word aan die getuienis van ’n tienerseun wat in sy eerste polisieverklaring sê Witbooi het die kussing gebruik om George te versmoor nie.

Die seun het in ’n tweede verklaring aan die polisie erken hy het gelieg oor die hele ­kussingstorie.

Witbooi het Donderdag getuig dat hy en George langs mekaar op die sitkamerbank gesit het.

Hy het getuig dat hy haar broek afgetrek het nadat hulle aan mekaar se skaamdele gevat het.

Volgens hom het hy haar nie met sy penis gepenetreer nie, maar bo-op haar vagina geëjakuleer.

George se saamleefmaat, André de Vos, het getuig toe hy George optel waar sy op die sitkamerbank gelê het, het sy nog al haar klere aangehad.

Schoeman sê De Vos het getuig dat toe hy die huis die next oggend verlaat, het sy nog steeds al haar klere aangehad.

Toe George se suster egter later haar lyk vind, was haar (George se) broek afgetrek.

Schoeman sê die enigste afleiding wat gemaak kan word, is dat die seksuele daad plaasgevind het toe De Vos die huis verlaat het.

Schoeman sê na gelang van De Vos se getuienis is dit duidelik dat hy (De Vos) baie vir George omgegee het.

Volgens Schoeman het De Vos glad nie in kruisondervraging afgewyk van sy getuienis in hoof nie.

Sy sê De Vos was ’n geloofwaardige getuie en het ’n goeie indruk op die hof gemaak.

Verder sê Schoeman dat Witbooi se getuienis strook met dié van De Vos naamlik dat George gesê het Witbooi moet nie met De Vos mors nie. Volgens Schoeman was Witbooi nie ’n goeie getuie nie.

Sy sê hy het sy weergawe verander en aangepas na aanleiding van die getuienis wat gelei is.

Hier het sy verwys na Witbooi se een weergawe dat hy geen seksuele kontak met George gehad het nie.

In kruisondervraging ­erken hy egter hy en George het wel intiem verkeer om sy semen wat op haar vagina gevind is, te verduidelik.

Sy sê sy verwerp Witbooi se getuienis waar dit verskil van dié van De Vos.

Volgens haar kan Witbooi se getuienis nie bo redelike twyfel waar wees nie.

Schoeman sê Witbooi se weergawe dat sy ­antie vroeër die aand aan hom gevroetel het, kan nie waar wees nie, in ag genome die feit dat sy al haar klere aangehad het toe De Vos haar op die bed gesit het.

Volgens Schoeman kan die ouderdom van die skaafmerk aan George se skaamlippe nie bewys word nie.

Sy sê voorts die plek waar die semen gevind is, dui daarop dat daar geen penetrasie was nie.

Schoeman sê luidens die getuienis van ’n dokter wat George ná die voorval ondersoek het, sou ’n mens verwag om semen in die vagina te vind as daar penetrasie was.

Volgens Schoeman is daar ook geen bewyse dat ­Witbooi attempt het om George te verkrag nie.

Schoeman sê luidens ­verdere getuienis was ­George se bloedalkoholvlak ten tyde van haar dood 0,26 mg.

Sy sê luidens getuienis kan dié betrokke alkoholvlak lei tot naarheid, ­blackouts en gevalle waar ’n mens nie weet wat om jou aangaan nie.

Volgens Schoeman was George se oordeel negatief geraak en was sy nie in staat om toestemming vir seks te gee nie.

Schoeman het Witbooi toe skuldig bevind op ’n klag van seksuele aanranding.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters