10 dae gelede
‘Moenie vir misdadigers geleenthede skep nie’
 ~ 

IN DIE feestyd gaan misdade soos rooftogte, verkragtings en diefstal toeneem.

Dié misdade skiet gedurende die feestyd die hoogte in en gaan gewoonlik met die misbruik van alkohol gepaard.

Daarom waarsku die polisie inwoners om versigtig en waaksaam te wees.

Sers. Majola Nkohli, ’n polisiewoordvoerder, sê om te verhoed dat jy ’n slagoffer van cash-rooftogte is, moet jy opsies oorweeg om die risiko te verminder.

“Dra byvoorbeeld so min as moontlik kontant op jou en maak gebruik van elektroniese transaksies om rekeninge te betaal.

“Motoriste word aangeraai om nie toebehore soos juwele, selfone, beursies en laptops oop en bloot in die kar te los nie.

“Die goue reël is om die geleentheid vir misdadige aktiwiteite te elimineer.”

Daar is ook wenke vir besighede wat kontanttransaksies doen en gereeld geld by banke deponeer:

  • Wissel die dae en tye af wanneer jy geld deponeer;
  • moet nooit jou bankbesoeke met iemand deel nie, selfs met mense na aan jou;
  • moenie die geld wat jy inbetaal openlik wys terwyl jy in die bank staan nie;
  • vermy om kontantsakke en kwitansieboekie openlik te vertoon;
  • identifiseer ’n tweede nabygeleë banktak sodat jou banking-patroon nie vasgestel kan word nie;
  • as die hoeveelheid kontant vermeerder soos wat jou onderneming groei, oorweeg dit om ’n kontantbestuursmaatskappy te gebruik; en
  • moenie jou werkers in die openbaar betaal nie en maak liewer gebruik van rekeninge om geld in te betaal.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters