2 maande gelede
‘Minister, NVG spoeg my uit’
ellende: Past. ­Brendan Olivier bekla sy lot op ’n vergadering. Foto: son  ~ 
ellende: Past. ­Brendan Olivier bekla sy lot op ’n vergadering. Foto: son
Angelo (Dakota) Hendricks
killer: Jermaine Baadjies is skuldig bevind aan die moord op Angelo (Dakota) Hendricks. Foto: son
Fikile Mbalula Foto: netwerk24

“MY PLANNE is in plek om die minister van ­polisie en die nasionale vervolgingsgesag te sue omdat ek steeds op straat soos ’n hawelose persoon lewe.”

So sê past. Brendan ­Olivier, wat Mark Williams ­Prokureurs aangestel het om Fikile Mbalula (minister van polisie) vir R6 miljoen te sue.

Twee prokureursbriewe is al uitgestuur waarin hulle alle voorvalle beskryf en ’n bedrag gee waarvoor hulle sue.

Gister het Olivier bevestig dat sy prokureur steeds geen terugvoer gekry het nie en daarom is ’n dagvaarding uitgestuur waarin dit ’n tydperk van 21 dae gegee is vir terugvoer.

Olivier beskryf sy lewenstyl as ’n nagmerrie vir die laaste paar jaar sonder geld, kos, krag en ’n ordentlike huis.

“Ek is geforseer om in die hof te getuig in ’n saak van moord, wat deur een van die gevaarlikste gangsters gepleeg is, en beloftes is aan my gemaak.

“Nadat die moordenaar ’n lewenslange vonnis ontvang het, het die minister van polisie en ­nasionale vervolgingsgesag my uitgespoeg en net so op straat gelos,” vertel Olivier.

Olivier was ’n ooggetuie van die moord op Angelo “Dakota” Hendricks in ­Helenvale op 27 Mei 2009.

Hy was op pad na sy suster se huis naby die bus-terminus toe hy op ’n hoek ’n groep jong manne sien staan het wat koeldrank drink.

Soos Olivier verbygeloop het, het hulle vir hom koeldrank aangebied.

“Ek het die jong manne geken en het met hulle oor die Here gepraat en vir hulle ingelig om positiewe veranderings weg van bende­geweld te maak.”

Terwyl Olivier nog gestaan en bid het, het hy ’n skoot gehoor.

“My arm was rondom een van die manne se nek ­(Dakota) en kort nadat die skoot afgevuur is, het hy in die straat geval.

“Die moordenaar het in onse rigting geloop en alle koeëls in sy vuurwapen op Dakota geskiet voordat hy weggehardloop het.”

In daardie tyd het die ander manne weggehardloop en omdat die pastoor langs die lyk gelê het, het inwoners geglo die pastoor is ook doodgeskiet.

Olivier het die polisie op die toneel as onbehulpsaam beskryf.

“ ’n Polisiebeampte het ’n verklaring by my gevat en toe ek hom vir ’n lift vra hospitaal toe vir my skok, het hy (polisiebeampte) ‘nee’ gesê.”

Kort nadat Olivier sy verklaring vir die polisiebeampte gegee het, is die polisiebeampte vermoor.

Drie jaar ná die voorval het Olivier ’n dagvaarding gekry om op 10 Oktober 2012 in die hof te verskyn as ’n getuie.

Gangsters het op dieselfde dag dreigemente gemaak voor Olivier se huis

Olivier het aan sy prokureur verduidelik dat hy baie ontevrede is oor die getuiebeskermingsprogram.

“Daar was limits met kos en skuilplek.

“Hulle het ook vir my gesê dat ek net R800 per maand sal kry gedurende die program en ná dit sal hulle my iewers aflaai.”

Die pastoor het sy huis, werk en voertuig agtergelos en moes vlug met die klere wat hy aangehad het.

“Ek moes ook nee sê vir ’n werkgeleentheid in ­Namibië as ’n pastoor waar ek ’n maandelikse salaris van R12 500 sou kry.”

Beloftes is aan hom gemaak oor hoe die staat vir sy huis sal betaal en hom sal terugbetaal vir die werkgeleentheid in Namibië wat hy misgeloop het.

Olivier het geglo in die beloftes dat die staatsgetuiebeskermingprogram vir hom en sy familie sou sorg. Hulle gaan egter nou sonder geld soos hawelose mense deur hel­.

Vuyo Mhaga, die minister van polisie se woordvoerder, was gister onbewus van die bogenoemde briewe en voorval.

Mhaga het belowe om ­ondersoek in te stel voordat hy enige verdere kommentaar kan lewer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters