2 maande gelede
Leerders mag in dié klas vuis bal
in aksie: ’n Groep leerders van die Senior Sekondêre Skool Bethelsdorp woon verlede Dinsdag hul eerste selfverdedigingsklas by die skool by. Foto: theo jeptha  ~ 
mooi so: Hierdie leerders oefen die basiese beginsels van selfverdediging.
in aksie: ’n Groep leerders van die Senior Sekondêre Skool Bethelsdorp woon verlede Dinsdag hul eerste selfverdedigingsklas by die skool by. Foto: theo jeptha
inspirasie: Rafeeq Sandan in graad 10 is ’n gekwalifiseerde swart band instrukteur is in beheer van die selfverdediging klasse.

LEERDERS van die Senior Sekondêre Skool Bethelsdorp het onlangs hul eerste selfverdedigingklasse bygewoon.

Die rede hiervoor is dat skollies leerders ná skool gereeld teiken terwyl hulle huis toe loop.

Rayneil Barends, ’n leerder-ondersteuningsagent van die organisasie Kheth’Impilo, is vanaf die begin van die derde kwartaal vanjaar by die skool geplaas om verskillende programme te reël.

Dié organisasie sonder winsbejag werk saam met 65 skole in die Metro. “Elke skool kry een agent en daai persoon is verantwoordelik vir die verskillende programme.”

Volgens Barends word skoolkinders gereeld beroof in die Northerns.

“In die middae loop ek saam met ’n groep kinders vir beskerming en hulle het al vir my al die skollies se hot spots gewys.

“Die taxi-geweld en rooftogte is net so erg en dit is hoekom ons hierdie week selfverdedigingsklasse amptelik begin het.

“Daar is meestal meisies wat deelneem aan die programme, want ons hoofdoel is vrouebemagtiging.”

Barends werk weekliks met ’n groep van 40 meisies ­tussen graad 8 en 11.

“Die hoofdoel van my program is om meisies in die skool te hou en te bemagtig.”

Volgens Barends is skool- dropouts ’n reuse-probleem oor die algemeen.

Daarom motiveer Barends leerders om skool te voltooi en hul drome te bereik.

“Hierdie programme is voorbereiding vir die lewe daar buite.

“Ons fokus op dinge soos tienerswangerskap, HIV/AIDS-beradingsessies, voorbehoedmiddels en watter opsies beskikbaar is.”

Barends vertel dat meer meisies belang gestel het in die selfverdedigingsklasse.

Rafeeq Sandan, ’n gr. 10- leerder en ook ’n gekwalifiseerde swartbelt-instrukteur, doen die selfverdediging klasse gratis as deel van Barends se program.

“Sandan het in die eerste klas gefokus op die basiese beginsels van selfverdediging.

“Volgende week sal ons hulle leer oor hoe om gewelddadige persone te identifiseer en hulle te vermy.”

Barends sê enige leerders is welkom om die klasse by te woon.

“Baie leerders is steeds onbewus van die klasse en enige leerders kan volgende week se sessie bywoon.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters