4 dae gelede
Kleintjie omgery
jaagpad: Heneganweg in Booysenpark is berug as die pad waarop mense roekeloos vinnig ry omdat daar geen spoedhobbels is nie.Foto’s: deon ferreira  ~ 
jaagpad: Heneganweg in Booysenpark is berug as die pad waarop mense roekeloos vinnig ry omdat daar geen spoedhobbels is nie.Foto’s: deon ferreira
ontsteld: Benoude skoolkinders is in skok na dié bakkie een van hul medeleerders raakgery het Woensdag. Foto verskaf
toneel: Die hoof van die Laerskool Cedarberg, Andrew Velkers, en Gerald Groepe van die Jacksonville-gemeenskapspolisiëringsforum wys waar Ches-ney Mafumi (8) raak gery is deur ’n bakkie.
kinders speel: Die Laerskool Cedarberg se hoof, Andrew Velkers, en Gerald Groepe van die Jacksonville-gemeenskapspolisiëringsforum sê kinders kruis dié straat gereeld omdat daar ’n parkie is oorkant die skool.Foto: deon ferreira
besorg: Die beseerde kind se ma, Theresa Mafumi, sê haar kind se voet moes dringend geopereer word gister (Donderdag).Foto: deon ferreira
toegebind: Ches-ney Mafumi se voetjie is gisteroggend ­geopereer in die Livingstone-hospitaal.Foto’s verskaf
braaf: Ches-ney Mafumi lê in haar hospitaalbed voor haar voet geopereer is gisteroggend.Foto verskaf
vergrys: Klein Ches-ney Mafumi se regtervoet is erg beseer toe ’n bakkie haar reg voor die skool omgery het. (Blur dalk bietjie?) Foto verskaf
eina: Ches-ney Mafumi (8), ’n gr. 1-leerder aan die Laerskool Cedarberg, kyk in skok na haar erg beseerde voet

EEN voet van die arme klein Ches-ney Mafumi (8) van Jacksonville in die Baaise noordelike gebiede is erg vergruis toe ’n bakkie haar Woensdagoggend gestamp het.

Ches-ney, ’n gr. 1-leerder aan die Laerskool Cedarberg in Booysenpark, het Woensdag ná skool by die parkie oorkant die pad gespeel terwyl sy vir haar vervoer huis toe gewag het.

Andrew Velkers, hoof van dié skool, vertel: “Baie skoolkinders gebruik die skool se side gate om in die middae daar vir hul vervoer te wag.

“Toe Ches-ney haar vervoer sien, het sy oor die pad gehardloop en geval en die bakkie het haar raak gery.”

Die bloed het geloop in Heneganweg, die pad wat berug is vir karre wat so daar jaag.

Ches-ney is hospitaal toe geneem en daar is bevestig haar sleutelbeen is ­gebreek en haar voet is erg gewond.

Velkers sê dit is nie die eerste keer dat ’n leerder raak gery word nie. “Heneganweg is ’n gevaar­like pad omdat die mense hier opjaag. Laas jaar is daar ook ’n kind raak gery.”

Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, het die ongeluk bevestig.

“Die polisie het ’n saak van roekelose en/of nalatige bestuur geopen. Geen arrestasies is nog gemaak nie.”

Gisteroggend het Ches-ney ’n voetoperasie ondergaan om die skade te probeer herstel.

Theresa Mafumi (44), Ches-ney se ma, is dankbaar haar kind leef.

“Ek was by die werk toe dit gebeur het en het eers gehoor my dogter is omgery toe ek by die huis kom.

“Die dokters moes die vleis van haar voet weer opbou en haar groottoonnael is nerf-af.”

Velkers sê hy het talle briewe gestuur aan die munisipaliteit oor die moontlike bou van spoedhobbels en verf van straattekens.

Theresa stem volkome saam: “Soms ry die karre daar roekeloos. Baie kinders gaan oor die pad om in die parkie te speel. Dit sal definitief beter wees as hulle speed bumps daar kan bou.”

Ches-ney sal fi­sioterapie en arbeidsterapie ondergaan. ’n Maatskaplike werker is ook aangestel om Ches-ney se saak te hanteer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters