2 maande gelede
Kannibaal witbene na koeëlwond
Aphiwe Mapekula FOTO VERSKAF  ~ 

’N MAN van die Oos-Kaap wat daarvan beskuldig is dat hy ’n vrou vermoor en haar begin eet het, is dood.

Sizwe Kupelo, ’n woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement, het bevestig die 23-jarige Aphiwe Mapekula het gisteroggend 04:35 in die Nelson Mandela Akademiese Hospitaal gesterf.

Mapekula is in die hospitaal se waakeenheid behandel nadat hy Saterdag deur die polisie geskiet is.

Dié skoot is afgevuur toe die polisie hom probeer arresteer het. Mapekula is in die maag getref.

Weggehardloop

Mapekula het Saterdag omstreeks 13:30 ’n vrou in die hoofstraat in Mount Frere oorval en haar na sy huis geneem, het kapt. Edith Mjoko kort ná die voorval bevestig.

By sy huis het Mapekula glo Thembisa Masumpa (35) vermoor deur haar kop met ’n mes af te sny.

“Toe die verdagte se ma sien wat gebeur, het sy weggehardloop om die polisie na die toneel te roep. Toe die polisie daar aankom, was die verdagte besig om die oorledene te eet.

“Polisiebeamptes het hom beveel om op te hou eet en hom aan die polisie oor te gee. Hy het toe berserk geraak en met die mes op die polisie afgestorm.

“Verskeie waarskuwing­skote is in sy rigting afgevuur, maar dit het hom nie gekeer nie.

“Hy is daarna in die maag geskiet,” het Mjoko gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters