2 maande gelede
Jong ma se lyk lê toe in shack
geskok: Amanda Bain soek meer inligting oor die moord op haar niggie. Foto: deon ferreira  ~ 
Marilyn Smith FOTO verskaf
geskok: Amanda Bain soek meer inligting oor die moord op haar niggie. Foto: deon ferreira
ao Alwin Labans Foto: faisal martin

HAAR lyk het op die vloer in die shack van ’n close vriend gelê, familielede is in stukke gebreek en ’n vierjarige laaitie soek aanhoudend sy mammie.

Dít is die tragiese verhaal van Marilyn Smith (23), wat Sondagoggend in ’n close vriend se shack in Kuyga dood aangetref is.

AO Alwin Labans, ’n polisiewoordvoerder, sê Smith se liggaam is met ’n bebloede neus en blou merke onder ’n kombers gekry.

“Dit lyk asof iemand haar doodgewurg het.”

By Son se besoek gister aan die shack was nie ’n enkele familielid in sig nie.

Son het die close vriend se ma gebel, maar sy wou geen kommentaar oor die moordsaak lewer nie.

Toe Son haar oor die saak uitvra, was haar antwoord daarop: “Sorry, my darling” en sy het die foon daarna doodgedruk.

Intussen het Amanda Bain, Smith se niggie, gesê sy (Bain) is Sondag 05:00 wakker geklop.

“ ’n Close vriend van Marilyn het vir my kom sê van haar dood en ek het my soontoe gehaas.

“Haar neus was vol bloed en die lyk vol blou merke.

“Ek het die kombers weer toegemaak, want ek kon dit nie hanteer nie.”

Volgens Bain het Smith ’n vierjarige seun wat ná die moord nou saam met sy ouma woon.

Kuier

“Ons verstaan nie wat eintlik gebeur het nie.”

Bain voeg by Smith het gereeld by haar close vriend in Kuyga gaan kuier.

“Sy het die naweek daar oorgeslaap.”

Bain het Smith net voor Nuwejaar laas gesien.

Sy sê Smith was liefdevol. “Ek gaan haar geselskap mis.

“Sy was nooit ongeskik nie en altyd baie nice met almal.”

Volgens Bain het Smith ook planne gehad om vanjaar haar gr. 11-skooljaar te voltooi.

“Sy was werkloos en wou changes maak in haar lewe.”

Labans sê niemand is tot dusver in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters