8 dae gelede
Cop se stories stem nie ooreen nie
sers. Gcukumana Foto: deon ferreira  ~ 

DIE polisie-sakboek en die merk aan Luthando Sinyoni se gesig was gister die sentrale punt in die hof toe een van die cops wat hom (Sinyoni) in hegtenis geneem het, by die beskuldigdebank ingeskuif het.

Sers. Mncedi Gcukumana, wat by Sinyoni se inhegtenisneming betrokke was, het gister vir adv. Terry Price, Christopher se lawyer, onder kruisondervraging gesê hy het sy sakboek in ’n motorongeluk verloor toe hy en kollegas vanaf Gauteng op pad terug was Baai toe ná ’n amptelike besoek.

Volgens Gcukumana weet hy adv. Marius Stander, die staatsaanklaer, het nog voor die ongeluk na sy sakboek gevra, maar hy het dit nie gegee nie.

Hierop het Price gesê die rede hoekom Gcukumana die sakboek nie oorhandig het nie, is omdat daar net mooi niks in staan nie.

Volgens Gcukumana het hy notas in die sakboek gemaak.

Gcukumana sê hy weet dat as hy Sinyoni tydens sy inhegtenisneming sou aangerand het, sou hyself in hegtenis geneem word.

Price het Gcukumana voorts daarop gewys dat hy in sy getuienis gesê hy het nie ’n rol gespeel in die inhegtenisneming van Sinyoni nie.

Volgens Price is dit teenstrydig met wat hy in sy polisieverklaring en kruisondervraging gesê het.

Volgens Gcukumana was ses cops deel van Sinyoni se inhegtenisneming.

Hy het onder kruisondervraging deur Peter Dauberman, wat namens Zolani Sibeko en Sinethemba Nenembe verskyn, gesê hy het Sinyoni se arms van agter af vasgehou tydens sy inhegtenisneming.

Gcukumana het aan Dauberman gesê hy het geen idee hoe Sinyoni aan die krap in sy gesig gekom het nie.

Kort hierna het Dauberman hom daarop gewys dat hy (Gcukumana) in sy verklaring sê Sinyoni het die krap in sy gesig opgedoen toe die boeie tydens inhegtenisneming en ’n ge-scuffle in sy gesig gekap het.

Gcukumana het toe gesê hy het nie bedoel om in die verklaring te sê Sinyoni het sy gesig met die boeie beseer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters