8 dae gelede
Bose 'poets' het 'n tragiese einde
Beatrice Witbooi (62) waak by haar kleinseun, Shane, se bed nadat 'n klapper in sy gesig ontplof het. Foto: Eugene Coetzee  ~ 

‘n Jong laaitie van die Baai is ernstig beseer die naweek toe ‘n klapper in sy gesig ontplof het nadat drie jong mans dit aan hom as ‘n ‘sigaret’ aangebied, en toe aangesteek het.

Shane Witbooi (12) ‘n graad ses leerder aan Rufane Donkin Laerskool in Gelvandale, is in die hospitaal met brandwonde in sy gesig, op sy arms, met oë wat toe geswel is en is nie in staat om te praat nie.

Polisie woordvoerder Kol. Priscilla Naidu sê die voorval het omtrent 02:00 Sondagoggend plaasgevind, toe drie mans twee mense in die parkeerterrein, oorkant McDonald’s in Beach Road, genader het.

“Volgens polisie inligting, is ‘n ‘sigaret’ aan rondlopers aangebied en ‘n 12-jarige het dit gevat. Die ‘sigaret’ is na bewering deur een van die drie mans aangesteek en het sekondes later in die kind se gesig ontplof,” verduidelik Naidu.

Die drie mans het toe in ‘n bakkie teen ‘n spoed daar weggetrek.

Die drie broers van Summerstrand – seuns van ‘n polisie kolonel, almal in hul 20’s – is nou gekoppel aan 'n ondersoek van aanranding met die opset om ernstig te beseer, wat verander kan word na poging tot moord.

Die grootouers van die slagoffer, wat na die laaitie omsien, James Witbooi (61) en Beatrice (62) was hoogs ontstel oor die ‘prank’.

“Wie doen dit aan ‘n kind?” wou sy ouma, Beatrice, weet.

“Hoe sou jy voel as jou kind hier gelê het?” - timeslive.co.za 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters