2 maande gelede
Bendelewe nes 'n doodsvonnis
taTTOO-merke: Julian Julies (37) was ’n veggeneraal vir die 26’s-bende en het vier sterre op elke skouer om sy rang aan te dui. Foto’s: maryke low  ~ 
taTTOO-merke: Julian Julies (37) was ’n veggeneraal vir die 26’s-bende en het vier sterre op elke skouer om sy rang aan te dui. Foto’s: maryke low
gewapen: Julian Julies sê hy was baie stout en het sy hele jongmens-lewe in die tronk deurgebring.
vrygespreeK: Julian Julies van Schauderville was voorheen in die tronk vir moord, poging tot moord, roof, huisbraak, dwelmhandel en die besit van ammunisie.
slegte besluite: Julian Julies, ’n voormalige gangster, waarsku jong ouens van die Northerns om nie by bendes betrokke te raak nie.
donker wêreld: Lede van tronkbendes het verskeie range en rolle in hul leierskapstruktuur en elkeen het pligte. Foto ter illustrasie: son

IN DIE tronk is hy “die bul wat bloed p*s” genoem en het ander se hart in hul skoene laat sak as hy in die omtrek was.

’n Voormalige gangster, Julian ­Julies (37), was ’n generaal in die 26’s-bende in St. Albans-gevangenis net buite Nelson Mandelabaai.

Julies het sowat vyf jaar gelede sy hart vir die Here gegee.

“Ek was die gevreesde hit man in die veld en baie bloedlustig.

“Ek het ’n bynaam gekry omdat ek met meer as agt mans seks gehad het,” sê Julies, wat in die Baaise noordelike gebiede woon.

Julies was as jong man meestal in die tronk ná aanklagte van die besit van ’n onwettige vuurwapen, dwelmhandel, moord, poging tot moord, roof en huisbraak.

“Ek was my hele jongmens-lewe in aanhouding, jaarin en jaaruit. Ek is vrygespreek van twee moorde en in 2011 onskuldig bevind op ’n moordaanklag.

“Die 26’s spesialiseer in roof, smokkelary en ander geldelike misdade en werk as skoonmakers in die tronke. Rekrute van die 26’s moet in staat wees om vir goods te soek waar hulle ook al is.

“Hulle mag nie net rondlê nie en moet aktief wees by bendepligte,” verduidelik Julies.

Volgens hom hou die 26’s-lede die tronk lewendig en is verantwoordelik daarvoor om supplies soos geld, dwelms, sigarette en ander luukshede te kry.

Dié rykdom wat in die tronkstelsel ingebring word, moet met die 28’s gedeel word wanneer hul goedere min raak.

Die 26’s-lede gebruik nie sommer geweld nie en word dikwels beskou as “maklike targets” vir nuwe rekrute.

Al is dit ’n “maklike opsie” vir gangs, is daar ’n geskiedenis van bloedoorloë waar iemand moet moor vir ’n hoër rang.

Dit is ook nie altyd maklik om die 26’s-bende te join nie omdat daar “vereistes” is.

’n Inmate wat verkrag is of ’n kopbesering in die tronk opgedoen het, mag byvoorbeeld nie join nie tensy hy bloed laat vloei deur ’n medegevangene of warder te steek.

“Deur iemand te steek word ’n aanklag van moord of poging tot moord gelê en hy sal dan na die enkelselle, oftewel die ‘kulukoets’, geneem word totdat hy aangekla en gestraf is met ’n addisionele vonnis.”

Julies waarsku ander jong mans om nie by gangs betrokke te raak nie.

“Daar is net een hek om by in te kom, maar geen manier daaruit nie.

“As jy dit wil agter los, sal jy heel moontlik brutaal vermoor word,” sluit Julies af.

“Ek is regtig baie spyt (oor my betrokkenheid by die bendewêreld), want dit het ’n negatiewe invloed op my lewe en sieninge gehad.

“Die genade van God en sy Woord het my nuwe insig gegee.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters