4 maande gelede
‘Bendelede was tóé anders’
Dit was só: Oud-raadslid Isaac Adams gesels oor die desjare se ­gangsters. Foto: theo jeptha  ~ 

GANGSTERS wat in die vyftigerjare in Suideinde ­ge-operate het – nog voordat die Groepsgebiedewet ingestel is – was ware ­gentlemen.

Die bekende bendegroepe die Bullett Gang en Black Shirts het bestaan uit professionele mense, onder wie onderwysers.

So sê oud-raadslid Isaac Adams Vrydag aan Son op Sondag.

Isaacs was destyds raadslid vir 70% van Schauderville, 70% van Korsten, die hele Sidwell, Young Park en die helfte van Algoapark – die grootste populated wyk.

Hy sê in Fairview en Salisbury Park was ook gentlemen gangs.

Volgens Adams was die Bullett Gang en Black Shirts gerespekteerde ouens wat hul man sonder wapens kon staan. Dié ouens, sê hy, het ook tattoos gehad.

Hy sê dié bendes het egter nie geroof en of gemoor nie, maar liewer mense gehelp.

Volgens hom het die gemeenskap eerder veilig gevoel met dié bendes in die omtrek.

Hy sê hulle sal byvoorbeeld op die straathoeke staan en lekker songs sing.

“As die Black Shirts die aand besluit om club toe te gaan, was almal geklee in swart hemde.”

Volgens Adams was daar geen animosity tussen die Bullett Gang en die Black Shirts nie.

Adams sê in latere jare is die Crime Kids in Suideinde gestig.

Hy sê dié bendegroep het bestaan uit ’n klomp laaities van gerespekteerde mense.

Volgens hom het dié laaities by plekke ingebreek en gesteel, maar hulle het nie gemoor nie. Hy sê die laaities was ook nie gewapen nie.

Volgens Adams het Gelvandale, die ou Salt Lake, Windvogel en Helenvale in die 1960’s ontstaan toe die Groepsgebiedewet endorsed is.

Adams sê ­Helenvale was toe nog deel van ­Gelvandale.

Hy sê toe die bruin mense uitgeplaas is na dié areas het hulle nie geweet wie hul neighbours is nie.

Volgens hom is daar in die laat ‘60’s en vroeë ‘70’s weer gangs gevorm – dié keer in Helenvale, Gelvandale en Salt Lake.

Hy sê daar was die 40 Thieves-bende, wat weer eens bestaan uit gerespekteerde ouens met eerbare sake-ondernemings.

Hy sê die ‘40 Thieves’ het mense wat die teiken was van onder meer aanranding eerder beskerm teen booswigte. Volgens hom is die ­Mafias en later toe die Mongrels op die been gebring.

Hy sê dié ouens het ook nie gemoor nie, maar net geroof.

Volgens Adams was dié ouens betrokke by gangs omdat dit ’n statussimbool in die gemeenskap was. Volgens hom is daar in latere jare na Helenvale as Katanga verwys as gevolg van die baie moorde wat daar plaasgevind het.

Adams sê Katanga is ’n provinsie in die Belgiese Kongo en nadat die land gedekolonialiseer is, was daar baie uprisings en faksiegevegte wat gelei het tot baie moorde.

Volgens Adams was bendegeweld in 1966 op sy peak in ­Helenvale. Hy was toe lid van die ­Gelvandale-gemeenskaps­polisiëringsforum.

Adams sê die polisie kon toe maklik die army inbring om te help.

“Ons het met die gangsters gepraat en hulle so ver gekry om aan sport deel te neem omdat sport mense verenig.

“Ons het ook pastore gekry om met gangsters te praat.”

Oor vandag se bendegeweld in die Baaise Northerns sê Adams dinge het begin handuit ruk toe sensorskap met betrekking tot televisieprogramme gelig is.

Hy sê die rede vir sensorskap was omdat sekere televisieprogramme mense se minds corrupt.

Hy sê nog redes vir die huidige vlaag van bendegeweld is onder meer die verbod op lyfstraf in skole en wette wat misdadigers beskerm.

Adams sê bendegeweld kan hokgeslaan word deur die weermag in te bring, die polisie se hulpbronne aan te vul en om vas te stel wie sit agter die supply van dwelms.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters