8 dae gelede
Vroueliga verdedig besluit om president se vrou te back
‘ons leier’: Die ANC-vroue­liga sê Nkosazana Dlamini-Zuma is sy presidentskandidaat en basta met kritiek uit ander oorde. Foto: foto24  ~ 

DIE ANC-vroueliga het sy besluit verdedig om Nko­sazana Dlamini-Zuma te back om in Desember die leisels oor te vat as nuwe ANC-leier.

Die ANC-vroueliga het Saterdag sy steun aan Dlamini-Zuma toegesê.

Gwede Mantashe, die party se sekretaris-generaal, het toe dié vroueliga aangespreek en gesê dis nog te vroeg om preferred kandidate aan te kondig.

Maar die ANC-vroueliga het teruggekap en gesê sy keuse van Dlamini-Zuma is ’n poging om die ANC se beleid van gelykheid en geen seksisme gestand te doen.

Die ANC-vroueliga sê hy sal nie van besluit verander nie, ten spyte van die kritiek van Mantashe en pres. Jacob Zuma.

Volgens dié vroueliga is Dlamini-Zuma tried and tested en het sy gegroei binne die ranks van die party, en dus is sy volgens hom die beste persoon om Zuma op te volg. – ewn

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters