10 dae gelede
Skobbejak loop hom vas in slim groep cops
mooi so: Die polisie het dié selfoon en replika-vuurwapen by die verdagte gevind. FOTO’S verskaf  ~ 

’N MAN (19) is Saterdag in Grahamstad op ’n aanklag van roof met verswarende omstandighede in hegtenis geneem.

Kapt. Mali Govender, ’n polisiewoordvoerder, sê sers. Mervin Frans het omstreeks 10:15 ’n tip-off oor gewapende mans naby Vergenoeg in die omgewing van Uitbreiding 9 gekry.

Govender voeg by dat die polisie baie gou ingespring het om die twee verdagtes te vind.

“Die polisie het die gebied gepatrolleer. Albei verdagtes is in Uitbreiding 9 aangetref en die polisie het ’n replika-vuurwapen in hul besit gevind.”

Verdag

Govender sê ’n selfoon is ook gevind.

“Die polisie het dit verdag gevind toe die verdagte nie geweet het wat die selfoon se password is nie.

“Hy kon ook nie die mense op die foto’s op die foon identifiseer nie,” verduidelik Govender.

Nader ondersoekwerk het die polisie na ’n adres gelei.

“Die persoon (by dié adres) het die polisie ingelig dat ’n gewapende man hom vroeër beroof het.

Gesteelde

“Hy het ook bygevoeg hy is aangerand.”

Govender sê die cops het toe afgesit na die verdagte se huis, waar nog vermoedelik gesteelde items gevind is.

“Die 19-jarige man is in hegtenis geneem en sal Maandag (vandag) in die Grahamstad-landdroshof verskyn.”

Volgens Govender was die tweede verdagte nie by die gewapende rooftog betrokke nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters