2 maande gelede
Reuse-bill van Eskom skok couple
Foto: witbanknews.co.za  ~ 

SPRINGS. – ’n Egpaar van Sundra hier naby het die naweek sonder krag deur­gebring nadat hul krag afgesny is weens ’n rekening van amper ’n kwartmiljoen rand.

Marianna Small (54) en haar man, Dirk, het hul kragrekening glo elke maand betaal, en toe “ewe skielik kry hulle ’n rekening van R240 000”.

Mariska Kilian, hul dogter, sê hulle het by Eskom probeer antwoorde kry.

“Ons het met ene Grace by Eskom gekommunikeer. Toe ons haar vra hoekom die rekening so lyk, het sy gesê ons kan net R106 000 betaal.

Afgesit

“ ’n Bietjie later het sy gesê ons moet net R94 000 betaal, maar dit het steeds nie sin gemaak nie, want hulle kon nie vir ons sê hoekom die bedrag so hoog is nie.”

Volgens Kilian het Eskom daarna gesê hulle moet die helfte van die bedrag betaal of ’n skedule uitwerk waarvolgens die bedrag binne drie jaar afbetaal moet word – of hul krag word afgesit.

Hul krag is Vrydag afgesny.

Eskom het in ’n verklaring gesê die egpaar skuld so baie, want al het hulle hul rekeninge betaal, was dit nie die volle­dige bedrag nie. – Netwerk24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters