Verlede maand
Prez beloof dié jaar vat hulle grond
nommer een: Pres. Jacob Zuma praat in Soweto. Foto: foto24  ~ 

VANJAAR gaan die regering begin om grond te onteien.

Dié belofte het pres. Jacob Zuma gister in Orlando, Soweto, gemaak toe hy die ANC se 8 Januarie-verklaring gelewer het.

“Ons grondhervormingsprogramme het meetbare sukses getoon.

“Maar te veel van ons mense gaan voort om te ly weens die historiese ongeregtigheid wat gepleeg is deur die afskuwelike grondonteienings.

“Ons moet nou dapperheid en vasberadenheid wys en verseker dat die land teruggegee word aan die mense.

Dringendheid

“Die Grondwet laat die onteiening van grond vir ’n openbare doel en in die openbare belang toe.

“Vanjaar sal ons begin om die Wet op Onteiening te gebruik vir grondhervorming en -herverspreiding, met groter spoed en dringendheid, in pas met die voorskrifte van ons grondwet.”

Die wetsontwerp is verlede jaar in die parlement aanvaar, maar Zuma het dit terugverwys na die speaker se kantoor voordat hy dit onderteken om klarigheid te verkry oor of die regte proses gevolg is.

Die doel van die wetsontwerp is om die onteieningsproses in pas met die Grondwet te bring en ’n apartheidsera-onteieningswet te vervang. – Netwerk24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters