2 maande gelede
Ou dood by graf na koeël hom tref
SARSIE: ’n Man is dood toe skote by ’n begrafnis afgevuur is. FOTO TER ILLUSTRASIE  ~ 

MOLWENI. – Skote wat deur bendes by ’n begrafnis afgevuur is, het die lewe van ’n lykswa se bestuurder geëis.

Genl.maj. Bheki Langa, die waarnemende provin­siale kommissaris in KwaZulu-Natal, het die voorval veroordeel.

“Bendelede het by ’n begrafnis ’n gun salute gevuur en iemand doodgeskiet. Sulke optrede moet onmiddellik gestop word.

“Die mense wat met dié soort optrede voortgaan, sal die gevolge moet dra. Niemand mag ’n vuurwapen in ’n openbare plek gebruik nie.”

Vervoer

Langa het gesê die gemeenskap moet opstaan en vir die misdadigers wat skote by die begrafnisse van gangsters skiet, sê genoeg is genoeg.

Die voorval het Vrydag gebeur toe Thabani Hadebe (27), die bestuurder van die lykswa waarin die lyk van Jabulani Gayinkani (Gayo) Mdunge vervoer is, doodgeskiet is.

Onbekende begrafnisgangers het skote afgevuur en Hadebe is deur ’n dwaal­koeël getref.

Hy is hospitaal toe geneem, waar hy beswyk het.

Die saak word ondersoek. Die mense wat geskiet het, is steeds miss­ing.

Mdunge is vroeër laas week deur die polisie van Kokstad/Harding in ’n skietgeveg doodgeskiet.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters