5 maande gelede
Oppas vir ‘Sassa’ hoax
 ~ 

Sassa sê ‘n boodskap wat via sosiale media versprei word oor gratis skryfbehoeftes en skoolklere vir skoolbegunstigdes is ‘n hoax.

Op hul amptelike Facebook-blad ontken Sassa dat skoolgaande begunstigdes geskenke sal ontvang.

Die hoax boodskap lees: “Aan ouers wie ‘n toelaag vir hul kind ontvang. Kry ‘n brief van die kind se skool om die kind se bywoning by die skool te bevestig. Vat die brief en die kind se rapport en hulle sal jou kind met skryfbehoeftes en klere voorsien. SASSA GRANTS”.

Sassa sê dit is nie waar nie en waarsku oor talle valse Facebook accounts, insluitende een genaamd SASSA Grants.
“Bedrieërs probeer begunstigdes lok en hul maatskaplike toelaag inligting op so ‘n wyse en ander kry.”

Sassa sê verder in hul verklaring: “aan alle Sassa begunstigdes neem kennis dat die boodskap via sosiale media is nie eg nie”.

“SASSA Grants is nie ‘n amptelike Sassa account nie, dit is ‘n skelm wat probeer om jou persoonlike en maatskaplike toelaag inligting te kry.
“Sassa is tans besig om sulke profiele by Facebook aan te meld. Wees versigtig vir sulke bedrog en besoek die Sassa News blad vir relevante en akkurate inligting. #HandsOffOurGrants #KnowYourSASSA” – dailyvoice.co.za

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters