10 maande gelede
MIV-selftoets kits te kry by plaaslike apteke
 ~ 

Apteke mag nou MIV-selftoets kits verkoop nadat die SA Aptekersraad die beperking op 23 Desember afgeskaaf het.

Online kleinhandelaars soos Takelot, verkoop WGO-goedgekeurde MIV huis-toetsstelle, wat ‘n speldeprik bloed gebruik om 15 minute later resultate te verskaf.

Die toestelle is blykbaar 99% akkuraat.

Francois Venter, adjunk-direkteur van die Wits Reproduktiewe Gesondheid en MIV-instituut sê: “Om MIV toetse beskikbaar te hê oor die toonbank, maak dit makliker vir mense om in die privaatheid van hul eie huis ‘n toets te doen en mag dalk die gretigheid om getoets te word, verhoog.”

Die regering beoog om 90% van mense bewus te maak van hul MIV status, en 90% van MIV-positief mense op behandeling te hê teen 2020, op dreef met VN doele. - timeslive.co.za 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters