2 maande gelede
Meer eis vlugtende skobbejak
verdrink: Paramedici by die Dieretuinmeer. FOTO VERSKAF  ~ 

JOHANNESBURG. – ’n Dief het hier in Parktown in die Dieretuinmeer verdrink nadat hy uit polisieaanhouding ontsnap het.

Volgens kapt. Kay Makhubela, ’n polisiewoordvoerder, is die twee mans gister omstreeks 03:00 in die woonbuurt Greenside gearresteer. Hulle is betrap waar hulle remote controles gesteel het.

Agterna

“Daarna is hulle na die polisiestasie in Parktown geneem waar hulle aangekla is, maar die een het ontsnap.”

Volgens Makhubela is dit nie bekend hoe hy ontsnap het nie, maar die polisie is agterna.

“Hy het geval en sy been en hand seergemaak en in die meer gespring.

“Cops het met hom gepraat om uit die meer te kom, maar hy het dieper ingegaan en verdrink.” Polisieduikers het die lyk later uitgehaal. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters