4 dae gelede
Marikana: Hoës aangekla
op die lys: Die geskorste nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, is op die lys van 72 cops wat aangekla gaan word vir hul aandeel aan die Marikana-slagting. Foto: foto24  ~ 

DAAR gaan altesaam 72 cops aangekla word vir hul aandeel aan die Marikana-slagting.

Volgens News24 sal die geskorste nasionale kommissaris van polisie, Riah Phiyega, voor in die koor wees op die lys.

Daar is 34 stakende mynwerkers dood in die slagting amper vyf jaar gelede by Marikana. Die insident het die wêreld geruk.

Die nuus oor die aanklagte het bekend geword ten tyde van ’n voorlegging van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) voor die parlement verlede week.

As deel van die komplekse ondersoek is verskeie misdaadtonele ondersoek.

Provinsiale

In die ondersoek is ook verskeie ander senior offisiere uitgewys.

Onder hulle tel die voormalige provinsiale kommissaris van Noordwes, lt.genl. Zuki­swa Mbombo, brig. Ledile Malahlela en genls.maj. Ganasen Naidoo en William Mpembe.

Die aanklagte strek van moord tot aanranding en dwarsboming van die gereg.

In die verslag dui Opod aan dat hy die dockets teen 24 April aan die Nasionale Vervolgingsgesag gaan oorhandig.

Maar Opod erken dat hy nog nie al die relevante verklarings gekry het nie en ook nog beeldmateriaal ondersoek. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters