9 maande gelede
Man ‘kuier ná hy sy ma doodsteek’
 ~ 

’N MAN sal na verwagting binnekort in die Willowvale-landdroshof verskyn nadat hy glo sy ma dood­gesteek het.

Die voorval het in die informele nedersetting Jo­jweni gebeur.

Kapt. Jackson Manatha, ’n polisiewoordvoerder, sê die man (31) is Sondag by sy huis in hegtenis geneem.

“Na bewering het die verdagte sy ma doodgesteek.

Uitgehang

“Haar identiteit word weerhou totdat haar naasbestaandes van haar dood in kennis gestel is.

“Die 64-jarige vrou is onmiddellik dood nadat sy gesteek is.

“Die motief vir die moord is in dié stadium nog onbekend.”

Manatha sê kort nadat die verdagte sy ma na bewering vermoor het, het hy by ’n tavern uitgehang.

“Daar het hy glo die mense vertel hy het sy ma dood­gemaak. Die mense is toe na sy huis toe, waar hulle die ma dood aangetref het.”

Die verdagte word van moord aangekla.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters