8 maande gelede
Mafela in sy motor dood gekry
weg: Die veteraan-akteur Joe Mafela is oor die naweek oorlede. Foto: foto24  ~ 

EEN van die land se geliefste akteurs is Saterdag oorlede.

Joe Mafela is dood in sy kar gevind.

’n Motorongeluk het omstreeks 21:45 op die M1-hoofweg tussen Oxfordstraat en Houghton plaasgevind.

Die metropolisie het gesê hy is nie as gevolg van die ongeluk dood nie, maar eerder aan ’n mediese toestand.

Die metropolisie se woordvoerder, Edna Mamonyane, het gister gesê daar was nie sigbare beserings nie en dit lyk asof dit ’n mediese kondisie kon gewees het.

Mafela het in ’n Ford Figo gery en in die agterkant van ’n bakkie vasgery.

Die bakkie het toe beheer verloor en in ’n heining vasgery. Toe paramedici opdaag, was Mafela reeds dood.

Mafela is in 1942 in Limpopo gebore en was ’n bekroonde veteraan van plaaslike en internasionale films, TV-werk, musiek en teaterwerk.

Hy was ’n baie gewilde ster van TV-reekse soos Madam & Eve,Going Up en Shooting Stars.

Talle kunstenaars, verskeie politieke partye en die regering het hul medelye uitgespreek. – Channel24.co.za

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters