8 dae gelede
‘Jub Jub’ mag weer shows gee
vry man: Molemo “Jub Jub” Maarohanye. Foto’s: foto24  ~ 

DIE departement van korrektiewe dienste (DKD) sê die hip-hop artist Molemo “Jub Jub” Maarohanye is meer as welkom om verder albums te record en voor mense te perform.

Dít is nadat Maarohanye en sy medebeskuldigde, Themba Tshabalala, vrygelaat is ná vier jaar gevangenisstraf.

Dié twee is verlede week op parool vrygelaat.

In 2010 het Maarohanye en Tshabalala hul Mini Coopers in ’n groep skoolleerders ingery tydens ’n racing-voorval in Soweto. In die voorval is vier leerders oorlede en nog twee het permanente breinskade opgedoen.

Verbied

Die twee is skuldig bevind aan moord op die vier leerders. Dit is op appèl na strafbare manslag verander. Hul aanvanklike vonnis van 20 jaar vir moord is tot tien jaar verkort, waarvan twee jaar opgeskort is wat hulle reeds uitgedien het.

Die DKD sê die paroolvoorwaardes verbied Maarohanye nie om weer musiek te maak nie, mits hy sy performance- skedule aan hulle verskaf, berig SAUK-Nuus.

Maarohanye en Tshabalala sal hul vonnis voltooi deur gemeenskapsregstelling, en hulle moet ’n spesifieke stel voorwaardes eerbiedig.

Daar sal toesig gehou word oor al twee tot en met die einde van die vonnis.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters