4 dae gelede
Jagluiperd verskeur jong laaitie op plaas
skokkend: ’n Seuntjie is deur ’n jagluiperd doodgebyt. Foto: foto24  ~ 

N DRIEJARIGE seun is dood nadat hy wreed deur ’n jagluiperd op ’n plaas naby Philippolis in die Vrystaat verskeur is.

Motantsi Makhele, ’n polisiewoordvoerder, sê die seun is Saterdag op die plaas aangeval, waarna hy per helikopter na ’n hospitaal in Bloemfontein geneem is.

Hy is egter onderweg na die hospitaal dood.

Die bekende filmmaker en plaaseienaar, John Varty, het die voorval bevestig.

Hy het ook bevestig dat die kind wel deur ’n jagluiperd aangeval is, maar dat die omstandighede rondom die aanval nog onseker is.

Die oorledene, Jacob Pieterse, was die seun van een van die plaaswerkers.

Die polisie het ’n geregtelike doodsondersoek begin.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters