Verlede maand
Familie van Sfiso Ncwane woedend oor pirate DVD's
 ~ 

Familie en vriende van oorlede gospel ster Sfiso Ncwane is gewalg deur bedrieërs wat geld uit sy begrafnis wil maak deur pirate DVD’s van die diens vir R10 in die strate van Durban te verkoop.

Volgens ‘n plaaslike koerant, Isolezwe, verkoop straatverkopers DVD’s van die sanger se begrafnis op 10 Desember by Moses Mabhida Stadion in Durban soos ‘soetkoek’.

Die bekroonde gospel ster is op 5 Desember oorlede nadat hy na ‘n Fourways hospitaal gejaag is waar nierversaking by hom gediagnoseer is.

“As ‘n maatskappy is ons diep teleurgesteld deur dit. Dit is walglik dat mense gekies het om so ‘n waardige geleentheid te vat, dit in vermaak verander en geld daaruit wil maak. Dit is nie reg nie en baie oneerbiedig,” het Ncwane Communications woordvoerder , Thobile Mchunu gesê.

“Ons probeer die skuldiges vang en ons weet wie sommige van hulle is, maar om eerlik te wees weet ons nie eers waar om te begin nie. Ons sal enige klagte lê wat ons kan teen die mense wat ons kry,” het sy bygevoeg. - timeslive.co.za


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters