8 maande gelede
Eskom ‘min gespin’ ná hoë se vrae
sê niks? Mashela Koko van Eskom het glo nog nie Lynne Brown se vrae beantwoord nie. Foto: mg.co.za  ~ 

DIE minister van openbare werke, Lynne Brown, soek antwoorde van Eskom se voorsitter, Ben Ngubane, Eskom se raad en die waarnemende CEO, Mashela Koko, oor die R311 miljoen wat onreëlmatig op ’n ongeldige projek bestee is.

Volgens City Press het die koerant ’n brief bekom waarin vrae gestel is oor hoekom Eskom voortgegaan het met sy Back to Basics-program (B2B).

Dit was nadat Brown se voorganger, Malusi Gigaba, nie die program in Mei 2014 goedgekeur het nie.

Onreëlmatig

Die program moet onder meer kyk na Eskom se besigheidsprosesse wat sy ingenieursvermoë stabiel hou, die instandhouding van Eskom se bates, inligtingstegnologie en ’n veilige en gesonde leefstyl deur werknemers bevorder.

Eskom het tot dusver R2,55 miljard aan die projek bestee, waarvan R310,8 miljoen as onreëlmatig geklassifiseer is.

Eskom se woordvoerder, Khulu Phasiwe, het bevestig dat hulle op 9 Maart geskrewe vrae van die koerant gekry het, maar het nog nie daarop gereageer nie.

Brown se brief is volgens ’n bron in die Eskom-bestuur aan Ngubane en Koko gestuur en is 11 Januarie gedateer, maar hulle het nog nie daarop gereageer nie. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters