5 maande gelede
Druipelinge kan weer try
 ~ 

MATRIKULANTE wat die eindeksamen gedruip het, moet die program Second Chance benut.

So raai ’n woordvoerder van die departement van basiese onderrig (DBE), Troy Martens, hulle aan.

Dié program is ontwerp om leerders wat nie aan die vereistes van die Nasionale Senior Sertifikaat voldoen het nie, te ondersteun.

Registreer

Leerders wat dié geleentheid wil benut, word aangeraai om die DBE se distrikskantoor wat die naaste aan hulle is, te kontak.

Martens het gesê: “Leerders wat byvoorbeeld net twee vakke wat hulle verplig was om te slaag, gedruip het, kan registreer vir die aanvullende eksamens in Maart.”

Leerders wat die eksamen in geheel gedruip het, kan registreer vir die program Second Chance, het Martens bygevoeg. – ewn

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters