3 maande gelede
Big Brother sien beamptes vang bribe
 ~ 

Twee metro polisiebeamptes van Johannesburg is gearresteer na hulle op kamera gevang is ‘n bribe vang.

Hoof-superintendent Wayne Minnaar sê ‘n saak van afpersing is teen die beamptes gemaak.

In die video kan die twee mans gesien word hul sakke leeg maak en geld aan die beamptes oorhandig.

Die video, gemaak op ‘n selfoon, is aan die metro polisie departement gestuur.

“Die twee beamptes is gearresteer en sal vandag in die landdroshof verskyn,” sê Minnaar.

“Die twee beamptes staar ook ‘n interne dissiplinêre verhoor in die gesig, en sal as hul skuldig bevind word afgedank word.”

‘n Beroep is ook gedoen op die persoon wat die video gemaak het om die Johannesburgse Metro polisie te kontak. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters