11 maande gelede
20 Gautengse matrieks se uitslae onbekend
Matrieks aan Brains Trust College in Gauteng se lot nog onbekend.  ~ 

Twintig Gauteng matrikulante het geen idee of hulle geslaag het nie, omdat hul punte weerhou is.

Sertifikate vir Germiston se Brains Trust College leerders het die letters ‘ZZ’ waar hul punte moet wees, wat ouers en leerders laat wonder.

Die Departement vir Basiese Onderwys het berig die skool is een van twee Gautengse skole met ‘n nul matriekslaagsyfer. Maar Gauteng onderwys woordvoerder Oupa Bodibe sê die provinsie het geen skole gehad met ‘n nul slaagsyfer nie.

“Uitslae vir Brains Trust is geblokkeer weens vermeende onreëlmatighede wat nog ondersoek word. Die verslag sal nul aandui tot die ondersoek gefinaliseer is,” sê Bodibe.

Eienaar van die skool, Jummah Kiberu-Mukesa sê sy skool word geteiken omdat dit deur buitelanders besit is. Hy het dokumente van die departement gesien wat wys dat al 20 leerders geslaag het.

Krugersdorp se Vine Christian College is die ander Gauteng skool wat na berig word ‘n nul matriekslaagsyfer gehad het. - timeslive.co.za

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters