3 maande gelede
Zuma sê ‘jammer’
moord: Pres. Jacob Zuma op die plek waar Courtney Pieters se ­liggaam gevind is.Foto’s:jonathan lestrade  ~ 

PRES. JACOB Zuma sê daar is ’n groot probleem in die land gesien in die lig daarvan dat 19 kinders tot dusver vanjaar in die Wes-Kaap vermoor is.

Zuma het die familie van klein Courtney Pieters gister besoek om sy medelye te betoon.

Hy het aan die ouers gesê dat hy net móés kom oor dit ’n wrede daad is wat aan hul kind gedoen is.

Zuma sê dat hy begin twyfel of die land se wette streng genoeg is. Hy meen dat daaroor gepraat moet word.

Volgens Zuma was hy eintlik op pad Johannesburg toe, maar hy het besluit om te kom oor dit ’n saak van baie hartseer is.

Zuma het verwys na die feit dat die persoon wat in verband met die moord ge­arresteer is, by die gesin Pieters ingewoon het.

moord: Pres. Jacob Zuma op die plek waar Courtney Pieters se ­liggaam gevind is.Foto’s:jonathan lestrade
onthou: Pres. Jacob Zuma by ’n gedenksteen wat ter nagedagtenis van Courtney gemaak is.
groet: Lekita Moore se ma, Shireen, skud pres. Jacob Zuma se hand.

“Dit is skokkend. Dit gebeur oor ons land heen.

“Ek wil net jammer sê namens die regering.”

Zuma het ook bekend gemaak hy die saak met die polisie gaan opneem nadat Roegshanda Pascoe, die gesin se woordvoerder, by hom gekla het oor die diens wat die gesin van die cops gekry het.

Pascoe het aan ­Zuma gesê: “Die ma is gesê om 48 uur te wag.

“Dis ’n teken dat die polisie swak is.

“Die ma is geviktimiseer en as die oortreder uitgemaak.

“Ons het uit die ander moorde geleer dat dit altyd close to home is.

“Ons weet dat die polisie nie alleen alles kan doen nie, maar ons as die gemeenskap is bereid om 100% te gee.”

Joanie Fredericks van die Mitchells Plain Crisis Forum het ’n beroep op Zuma ­gedoen om te verseker dat daar nooit weer so iets gebeur nie.

Fredericks het gepleit: “Jy is die leier.

“Jy was mos tydens ­apartheid die hoof van ­sekuriteit (van die ANC). Ek vra dat jy ­daardie wette sal terugbring.

“Alles (die gebeure) is onnodig.

“Courtney moes nou eintlik iewers in ’n parkie gespeel het.

“Gebruik asseblief jou mag om seker te maak dat mense in die government ­institutions sal opstaan.

“Daar is geen ­onder­steuning van hulle af nie.”

Voordat Zuma die huis van die gesin Pieters verlaat het, het hy R10 000 kontant aan haar ma, Juanita Pieters, oorhandig.

Die president het ook belowe dat hy sal kyk wat sy mense vir die gesin Pieters kan doen nadat hulle ’n huis versoek het. Zuma het bygevoeg dat hy weer die Elsies­rivier-gemeenskap sal besoek sodra Pascoe en Fredericks die beplande krisis-organisasie gestig het.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters