5 maande gelede
Zephany besoek Courtney se ouers
rou:Zephany Nurse betoon haar medelye aan Courtney Pieters se ma, Juanita. Foto: jonathan lestrade  ~ 

COURTNEY Pieters se wrede dood het Zephany Nurse so diep geraak dat sy haar stilswye verbreek het.

’n Skaam Zephany het gister Courtney se ouers besoek.

Volgens Zephany wou sy Courtney se ouers kom bemoedig oor sy self ’n traumatiese ervaring deurgemaak het.

Zephany sê sy weet hoe Courtney se ma, Juanita, voel oor sy self ook 20 jaar gelede ontvoer is.

Sy sê ook omdat sy deesdae self ’n ma van ’n dogtertjie is, het Courtney se verhaal haar diep geraak.

Zephany het aan Pieters gesê: “Ek wil net vir julle sê julle sal hierdeur kom. Dit mag dalk nie nou so lyk nie, maar eendag sal julle wel.”

Terwyl Zephany met Pieters gepraat het, het sy in trane uitgebars.

Sy sê: “Ek dink net daaraan dat dit my niggies of selfs my eie kind kon wees.

“Ek het besluit ek moet uit my dop kom oor ek besef dat hier iets groots aan die gang is.

“Dis moeilik vir my, maar ek sal nie vir ewig so kan aangaan nie.

“Zephany is wie ek eintlik is en sy sal altyd deel van my wees.”

Zephany se oom, wat saam met haar was, sê sy wil graag haar regte identiteit bekend maak, maar ’n hofbevel keer haar.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters