7 dae gelede
WKOD en onnies is paraat vir nuwe jaar
Grafika: TYRONE APOLLIS  ~ 
HARTSEER: Vir party was die eerste skooldag vreeslik traumaties. Foto: MELINDA STUURMAN
Grafika: TYRONE APOLLIS

VANDAG gaan meer as ’n miljoen leerders reg oor die Wes-Kaap skole toe.

Om alles hiervoor in orde te kry, verg ’n reuse-taak.

Volgens die Wes-Kaapse departement van onderwys (WKOD) is skole en onderwysers so voorbereid as moontlik vir die nuwe skooljaar.

Teksboeke en die nodige meubels vir skole is lank vóór die tyd bestel met sommige skole wat die bestellings reeds in Oktober 2016 geplaas het.

Die grootste kopseer bly egter vir ouers, leerders en die WKOD waar leerders nie plekke in skole kry nie.

Jessica Shelver, die WKOD-woordvoerder, sê: “Ouers wat nie in tyd hul kinders by skole ingeskryf het nie, word aanbeveel om te gaan aanklop by die naaste skool waar hulle woon om seker te maak of daar nie kansellasies was nie.”

Raadpleeg

As ouers nie regkom nie, word hulle aanbeveel om hul naaste distrikskantoor te raadpleeg.

Hiernaas is ’n lysie van die distrikte, asook kontakpersone wat ouers met sulke probleme kan raadpleeg.

Shelver benadruk: “Ouers moet egter verstaan dat hulle moontlik nie geholpe kan raak by die skool van hul keuse as hulle nie vooraf hul kind ingeskryf het nie.”

Intussen het die Wes-Kaapse ANC ook in ’n verklaring laat weet dat hulle party die eerste skooldag en die toelating van leerders tot skole fyn gaan dophou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters