5 dae gelede
Wen kontant, onderhoude by
Tel mooi: Beplan elke sent van jou begroting voordat jy net begin spandeer. Foto: Ewald Stander  ~ 

HOPEFIELD. – Harde kontant asook ’n TV- en radio-onderhoud wag op die wenner van dié talentsoek-kompetisie.

Die kompetisie sal hier op 15 en 16 Desember gehou word.

Hope vermaak vir die hele gesin is op die spyskaart by die Cape Coast-jeugfees op die Ronnie Louw-sportterrein.

Sangers, dansers en ­komediante kan almal meeding vir die groot prys van R5 000.

Kunstenaars soos die PJ Twins, Allen “The Car ­Guard” en baie ander bekendes van die Kaap sal by die fees optree.

Behalwe vir die fun op die stage, is daar ook ’n potjiekoskompetisie om die heel beste kosmaker in Hopefield te vind.

Inskrywings is R100 en die bobaaskok sal R1 000 wen. Om deel te neem, moet die mense Mo­nique Huisamen ’n luitjie gee by 084 373 6421.

Die sluitingsdatum vir diegene wat ’n stalletjie wil oprig, is 10 Desember.

Brilynn van Rooyen is hiervoor verantwoordelik en kan gekontak word by 081 406 9296.

Gaan kyk gerus aanlyn by capecoastyouth.co.za of starstruckrecords.co.za as jy nóg inligting soek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters