4 dae gelede
Wees op uitkyk
skurke: Twee smash and grab-verdagtes hardloop oor na ’n kar wat sekondes later beroof word. FOTO’S VERSKAF  ~ 
hotspot: Die kruising by Voortrekkerweg en Jakes Gerwel-rylaan is gevaarlik. Foto: google maps
rooi sone: JP Smith sê omdat hulle diewe weg van ander hotspots gekry het, word dié kruising nou ge-target.

DIE Stad Kaapstad het onlangs ’n nuwe smash-and-grab hotspot ­geïdentifiseer.

Dit kom nadat meer as 70 voorvalle oor die laaste paar maande aangemeld is.

Die kruising by Jakes ­Gerwel-rylaan en Voortrekkerweg in Goodwood was voorheen meer berug as ’n prostitusie-hotspot, maar is ook nou as ’n “red zone” bekend.

JP Smith, die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, sekuriteit en maatskaplike dienste, sê die feit dat die Maitland-begraafplaas oorkant die spot is, beteken dat misdadigers ’n plek het om te ontsnap.

Smith sê: “Ons het ’n plig om die publiek in kennis te stel oor die verwikkelinge.

“Dis om te verseker dat alle waardevolle items in die kattebak gebêre word of ­onder die motoris se sitplek waar dit nie gesien kan word nie.”

In ’n video wat Son onder oë gehad het, word ’n couple op die einste spot gesmash en grab.

Die video wys hoe die twee diewe langs die kant van die pad sit terwyl die kar tot stilstand by ’n verkeerslig kom.

Die ou hardloop dan na die passasierskant van die kar en slaan die venster stukkend. Dan hardloop hy in die rigting van die begraafplaas.

Die motoris trek af en word deur ’n cop gehelp.

Smith sê ten spyte van die wydverspreide bewusmakingstelsel wat in plek is, is daar steeds te veel gevalle van mense wat hul besittings aan die passasierskant van voertuie los.

Hy verwys na ’n voorval wat by die kruising van 35ste Laan en Robert Sobukwe-weg in Bishop Lavis plaasgevind het.

“Die motoris het geweier om ’n saak teen ’n verdagte te maak en al het die polisie hom gevang, moes die beamptes hom laat gaan.

“Dis ’n jammerte en ek verstaan baie mense se onwilligheid om betrokke te raak by die kriminele regstelsel omdat daar geen waarborg is dat daar ’n uitkoms in die saak sal wees nie.

“Maar ons kan nie toelaat dat die misdadiger op straat bly nie, want môre teiken hulle weer iemand anders,” sê Smith.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters