5 dae gelede
Vuilgatte val bejaarde aan
aangeval: ’n Bejaarde vrou word na die ambulans geneem nadat boewe haar op die Saint James-strand in Muizenberg aangeval het.Foto: LEON KNIPE  ~ 

’N BEJAARDE vrou is Dinsdag helder oordag by die Saint James-strand in Muizenberg aangerand.

Die vrou is na verneem met ’n klip oor die kop geslaan.

Sy het alleen op die strand geloop toe twee mans haar aangeval het.

Een van die mans het haar glo ’n gat in die kop met ’n klip geslaan.

Dit is nog onduidelik of die vrou van enige besittings beroof is.

’n Verbyganger het op die bebloede vrou wat op die strand gelê het, afgekom.

Volgens van die vissers wat daar naby visvang, word mense dikwels op die strand aangeval en beroof. Een van die vissers het ook gekla oor die diewe wat by hul motors inbreek.

Volgens kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, is die bejaarde vrou in die hospitaal opgeneem.

Van Wyk sê: “Die vrou het ’n ernstige kop­besering opgedoen en niemand het die voorval sien gebeur nie.

“Die polisie ondersoek die voorval.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters