5 maande gelede
Vryer sit nou met handvol probleme
gevang: Die 71-jarige man se pompery is kortgeknip. Foto ter illustrasie  ~ 

’N OU ballie moes sy kroonjuwele tussen sy bene toeknyp toe die bloues op hom toeslaan.

’n Pensioenaris is op heter daad betrap met ’n vroutjie in ’n kar toe die bloues op hulle afgekom het.

Wat die si­tuasie so vreemd maak, is dat die old- tim­er nog try wegkom het ook.

Beamptes wat Donderdag langs Sir Lowry-pas patrollie gedoen het, het ’n wit Toyota Corolla opgemerk wat langs die pad geparkeer was.

Soos opregte dienaars van die gemeenskap het die cops gestop om ondersoek in te stel.

Toe kom hulle af op ’n oompie in sy ouer jare en ’n vrou in ’n “ongemaklike” posisie in die kar.

Die beamptes het toe gevra dat die tweetjies weer hul klere moet aantrek en dat die ouerige Romeo uit die kar moet klim sodat hulle met hom kan gesels.

Maar die kaalgat man het geweier en weggejaag.

Twee beamptes is amper tydens die wegtrekslag omgestamp.

Die metro cops het hulle agternagesit en het daarna met die hulp van die SAPD die Toyota met sy naakte inhoud op die N2 vasgetrek.

Die verdagte is by die Somerset-Wes-polisiestasie op aanklag van poging tot moord, versuim om wettige instruksies te volg, roekelose en nalatige bestuur en die verset teen arrestasie aangekla nadat hy gevang is vir ’n onsedelike daad in die openbaar.

Volgens die Stad Kaapstad se mayco-lid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith, moet mense net leer om verantwoordelikheid te neem.

“Dit lyk asof min mense hul les leer.

“In ’n geval waar jy gevang word en jy is verkeerd, moet jy net by die reëls en instruksies van die wetstoepassingsowerhede hou.

“Een aanklag is beter as ’n hele handvol.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters